Skole Netbal. Hoërskool Durbanville Netbal het vanjaar weer ‘n skole netbal droomseisoen beleef.
Hoërskool Durbanville het 23 goue en 3 silwer medaljes in die WP Superliga finale verower. Verder is Durbanville se 1ste netbalspan die WP Superliga wenners sedert 2018. Durbanville het ook die Interskole met 41-25 teen Hoërskool Stellenberg gewen.
Durbanville se o14A tot die o18A het gekwalifiseer vir die Topskole Wes-Kaap finale. Die o15A het ook die SA Fast 5 kompetisie gewen.
Amoné Wessels was ook deel van die SA o18 Fast 5 netbalspan by Junior Statebondspele in Trinidad en Tobago. Trinidad en Tobago is die mees suidelike eiland in die Caribean Islands.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf