Skole Krieket. Hoërskool Swartland, Malmesbury, se O/19B krieketspan het in ‘n skole krieket wedstryd teen Hoërskool Hopefield se O/19B span gespeel.
Die Rockies het ‘n uitstekende dag op die krieketveld gehad. Hoërskool Hopefield het eerste gekolf en het ‘n totaal van 66 lopies aangeteken weens die baie goeie boulwerk van die Rockies.
Hoërskool Swartland se beste boulers:
- Henco Scott – 3 paaltjies vir 10 lopies afgestaan in 2 beurte
- Inus Groenewald – 2 paaltjies vir 12 lopies afgestaan
Die Rockies se kolfbeurt:
- Matthew Ferreira – 14 lopies, nie uit nie
- Andries Basson – 12 lopies
- Niel Albertyn – 27 lopies.
Hoërskool Swartland se O/19B span wen dus die wedstryd met 8 paaltjies.
Niel Albertyn is ook aangewys as die speler van die wedstryd.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf