Skole Krieket. Tydens die Desember vakansie het ‘n paar van Hoërskool Pietersburg se krieketseuns deelgeneem aan skole krieket by die Nasionale – en Streektoernooie. Die wedstryde het reg oor die land plaasgevind.
Die seuns spog met ‘n paar pragtige prestasies:
0/15 Streek toernooi: Celliers van der Merwe het in die top vyf van al die spelers op die toernooi geëindig. Hy is ook die enigste seun wat twee keer as speler van die wedstryd aangewys is.
0/16 Nasionale toernooi: Hanno van Zyl het aan die Nasionale toernooi deelgeneem en hy is ook gekies as kaptein. Die week is egter gekortwiek deur reën. Hanno het ‘n eerbewys ontvang vir sy 50 lopies van slegs 58 balle.
0/17 Streektoernooi: Hoërskool Pietersburg se seuns het hul skool se naam hoog gehou tydens die skole krieket toernooie. Pieties het vyf seuns wat hier deelgeneem het, Michael Nel, Zandré van Rooyen, Zandré Hattingh, Drian Hartslief en Phillip Weterman.
Die seuns het hulself goed van hul taak gekwyt. Michael Nel het tweede geëindig op die bouler-ranglys na afloop van die toernooi. Zandré van Rooyen was ook die span se onderkaptein.
Schools Cricket
During the December holidays a few of Pietersburg High School’s cricket boys participated in schools cricket at the National and Regional tournaments. The games took place all over the country.
The boys boast some stunning achievements:
0/15 Regional tournament: Celliers van der Merwe finished in the top five of all the players on the tournament. He is also the only boy to have been named player of the match twice.
0/16 National tournament: Hanno van Zyl participated in the National tournament and he was also selected as captain. However, the week was hampered by rain. Hanno also received an accolade for his 50 runs off just 58 balls.
0/17 Regional tournament: Pietersburg High School’s boys held their school’s name high during the schools cricket tournaments. Pieties has five sons who participated here, Michael Nel, Zandré van Rooyen, Zandré Hattingh, Drian Hartslief and Phillip Weterman.
The boys did a good job. Michael Nel finished second in the bowler rankings after the conclusion of the tournament. Zandré van Rooyen was also the team’s vice-captain.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf