Skole krieket. Hoërskool Fichardtpark se 1ste krieketspan het teen Welkom Gimnasium se 1ste krietspan kragte gemeet in ‘n skole krieket wedstryd.
Fichies wen die loot en stuur Gimmies in om eerste te kolf in bewolkte toestande. Aanvanklik was Gimmies se lopie-tempo bykans 10 lopies per beurt, maar Fichies se draaibalbouler, Stian Kruger, het ander planne gehad. Gimmies is uiteindelik beperk tot 138 lopies. Fichies het gewen met 7 paaltjies.
Hoërskool Fichardtpark se beste boulers:
- Stian Kruger 7.1 beurte staan 11 lopies af en neem 6 paaltjies.
- Eben Botha 6 beurte staan 39 lopies af en neem 3 paaltjies.
Beste kolwers:
- MJ Herbst 38 lopies
- Stian Kruger 45 lopies
- Davyd Oosthuizen 26 lopies
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf