Skole dogters-krieket. 🏏 Hoërskool Sentraal se o.18A dogters-krieketspan sluit seisoen glansryk af.
Hoërskool Sentraal in Bloemfontein se o.18A dogters-krieketspan het hul 2025-krieketseisoen gister op ’n hoogtepunt afgesluit met ’n indrukwekkende oorwinning. Die span, bekend as Die Tralies, het hul laaste wedstryd van die seisoen met oortuiging gewen deur die o.18A-span van Fichardtpark met nege paaltjies te wen.
Die wedstryd is gekenmerk deur uitstekende spanwerk, gefokusde boulwerk en ’n kragtige kolfvertoning. Sentraal se boulers het daarin geslaag om Fichies tot ’n lae telling te beperk. Daarnahet die kolwers met selfvertroue en kalmte die teiken gemaklik bereik.
Hierdie oorwinning is nie net ’n bewys van die span se talent en harde werk nie. Dit is ook ‘n bewys van hul groei en samehorigheid deur die loop van die seisoen. Onder leiding van hul afrigter en ondersteuningspan het die dogters hul vaardighede geslyp en as ’n eenheid saamgespan om hul doelwitte te bereik.
Die skoolgemeenskap is uiters trots op die span se prestasie en sien met opgewondenheid uit na wat die toekoms vir hierdie belowende groep jong krieketspelers inhou.
Lees meer interessante skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf













