)

Skipskop Musiekblyspel – Hoërskool Punt met Wilhelm van der Walt

Skipskop Musiekblyspel. Op Maandag, 4 April, het al die Skipskop-hoofkarakters van Hoërskool Punt in Mosselbaai vroeg-oggend reeds bymekaar gekom vir ‘n lywige oefening. Ja, sommer so op die vakansiedag – vir die Skipskop Musiekblyspel!

Daar is hard geoefen maar ook lekker gelag. Groot was die opwinding, toe die fenominale akteur, Wilhelm van der Walt sy kennis, ervaring en raad met hulle kom deel het. Wilhelm is bekend vir sy rol as “Ty Prinsloo” in die sepie, 7de Laan maar ook vir films soos Mannetjies Roux en Projek Dina. En wie kan sy onvergeetlike toneelspel in Boland Moorde en Fynskrif vergeet?!

Meer onlangs was hy te sien by die KKNK in Ek, Anna van Wyk wat met 10 Kannas benoem is. Wilhelm is ook benoem as beste byspeler – voorwaar iets om op trots te wees. Wat ‘n voorreg om by die beste van die bestes te kon leer! Leerders kon by hom kers opsteek en meer leer oor die verhoog, stemproduksie en toneelspel.

Wilhelm het met ‘n paar vars idees navore gekom wat defnitief aangewend gaan word in Punt se Skipskop Musiekblyspel. Dit sal einde Mei op die planke wees. Moet dit beslis nie misloop nie!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.pointhighschool.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal