Wiaan Erasmus (o/16) van die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal het gedurende Februarie en Maart aan twee toernooie, wat deel was van die Hessequa-skaakproewe, deelgeneem. Na afloop van die proewe is hy in die Hessequa-span opgeneem.
Hy is uitgenooi na die Eden-skole skaaktoernooi. Daar het hy uitgeblink en is gekies om aan die Wes-Kaap skole skaakkampioenskap vanaf 18 tot 20 Mei in Kleinmond te gaan deelneem. Wiaan is nou opgeneem in die Eden-span vir deelname aan die Suid-Afrikaanse Junior skaakkampioenskap.
Die SAJCC 2018 vind hierdie jaar plaas vanaf 16 tot 20 Desember te Birchwood in Boksburg.
Oakdale is trots op Wiaan!