Skaakspanne in liga uitdunne – Die Plasie-skaakspanne van Merensky Landbou Akademie het op Saterdag, 9 Augustus deelgeneem aan die liga uitdunne van die Skaakspanne.
Merensky Landbou Akademieas het as trotse gasheer opgetree vir die onder-15- en onder-19-skaakliga-uitdunne. Skaakspanne van Merensky, Hoërskool Ben Vorster, Lowveld Academy Hoedspruit en Francolin College (Phalaborwa) het aan die kompetisie deelgeneem. Daar het strategiese denke en spanwerk die toon aangegee het.
Sterprestasie deur o.19-span
Die Plasie-o.19 Skaakspan het uitmuntend gevaar en die eerste plek behaal met ’n totaal van 19 punte. Hoërskool Ben Vorster het tweede geëindig met 10 punte, terwyl die ander spanne ook sterk mededinging gebied het.
Jong o.15-span toon vasberadenheid
Die o.15-span het hul beste gelewer in ’n uitdagende veld van ses deelnemende skole. Hulle het die vyfde plek behaal en waardevolle ervaring opgedoen wat hul toekomstige deelname aan skaakkompetisies sal versterk.
Skaak as karakterbou
Merensky se skaakspelers het nie net op die bord uitgeblink nie, maar ook bewys dat harde werk, deursettingsvermoë en sportmangees ’n sleutelrol speel in sukses. Die akademie is trots op elke deelnemer en sien uit na verdere groei in die skaakprogram.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








