Skaak. Hoërskool Sentraal, Bloemfontein, se skaakspelers het in 2021 aan die Bloemfontein Hoërskole Skaakliga deelgeneem en die o.19A-afdeling gewen.
Die 2021 o.19-ligabekerwenners is die volgende: Hanro van Rooyen, Albert Smit, Arno Moolman, Morné Robberts, Stefan Robberts, Rainard Roelofse, Ané Pretorius, Hardus Rossouw, Lorenzo April, Christiaan van Zyl en Martin du Plessis.
Die spelers wat medaljes tydens die liga verower het, is:
Hanro van Rooyen – 3 silwer medaljes
Albert Smit – 2 brons medaljes en 2 silwer medaljes
Stefan Robberts – 1 silwer medalje
Ané Pretorius – 1 brons medalje
Hardus Rossouw – 1 brons medalje
Martin du Plessis – 1 brons medalje
Baie geluk, die Tralies is trots op julle.
Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za