Skaak – Reuben Daniels, is ’n graad 11 leerder en ‘n talentvolle skaakspeler van Hoërskool Punt.
Hy het die afgelope naweek sy skaak-vaardighede ten toon gestel tydens die Western Cape Rural Cup Chess Tournament. Met sy indrukwekkende strategie en deurdagte skuiwe het hy 5 uit 6 wedstryde gewen en sy plek bo-aan die ranglys verseker.
Hierdie merkwaardige prestasie het hom ’n goue medalje besorg en bevestig sy posisie as een van die beste jong skaakspelers in die streek.
Die gemeenskap en skool is besonder trots op sy deursettingsvermoë en talent. Reuben se sukses dien as inspirasie vir ander leerders wat die skaaksport liefhet.
Reuben jou harde werk en toewyding het vrugte afgewerp, en Hoërskool Punt vier jou prestasie met trots.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.pointhighschool.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor











