Six-A-Side Krieket. Op Saterdag, 16 September, het agt krieketspanne van Malmesbury die geleentheid gekry om mekaar op die krieketveld aan te durf in Hoërskool Swartland se jaarlikse “Six-a-side”-krieket kompetisie.
Die weer het mooi saamgespeel en aan die einde van die dag kon die “Royal Strikers” as die wenners aangekondig word. Hulle het in die finaal teen LSS te staan gekom.
- 3de plek: FFS
- 4de plek: Mecano Superkings
- 5de plek: Nova
- 6de plek: 12 Fine Legs
- 7de plek: Endgame
- 8ste plek: Uitnodigingspan
Ander pprestasies:
- Vangskoot van die dag: Robert Oosthuizen
- Boulers van die dag: Martin Dyason en Nollie Bestbier
- Kolwer van die dag: Andru Serdyn
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf