Sias Joubert, van Hoërskool Nelspruit, het vanaf Saterdag 13 Januarie tot Donderdag 18 Januarie 2018 saam met sy span, ‘Office Guru Racing’ (Johannesburg), aan die Mpumalanga 6 Day Multi-Stage Tour 2018 deelgeneem. Die toer het by Blyderivier Forever Resort begin en by Loskopdam geëindig en top professionele spanne het hier deelgeneem.
Sias was een van die 50 deelnemers wat die toer kon voltooi.
Twee dae later het Sias met baie moeë bene ook aan die Mpumalanga Kampioenskappe deelgeneem waar hy ‘n eerste plek in die 20km tydren en tweede plek in die padresies behaal het.
Baie geluk! #nellietrots #nellieguts