Shaun Botha van Hoërskool Bastion in Witpoortjie, Krugersdorp, het 9-11 Junie 2017 aan ‘n 3-dag fietsry kompetisie deelgeneem. Hy was deel van ‘n twee-man-span, en saam met sy spanmaat, Johan Claasen, het hulle ‘n algemene 10de plek behaal tydens die Liberty Waterberg 3-dag resies.
Shaun, wat tans in Graad 11 by Bastion is, het al in die laerskool begin fietsry. Een van sy eerste kompetisies was die Spur skole reeks. Soos hy meer getrou geraak het op ‘n fiets, en sy passie vir hierdie sport gegroei het, het groter kompetisies Shaun se aandag getrek, soos die USN en Nissan Trailseeker, Silverstar MTB (Mountain biking) en ook die Magalies Monster kompetisie.
“Die 3-dag resies was regtig ‘n uitdaging vir my, en dit was ook die eerste keer wat ek dit as deel van ‘n span gedoen het. Dit was by tye regtig moeilik, maar ek is baie by dat ons sulke goeie resultate gekry het, en sal dit defnintief weer doen as ek die kans kry,” het Shaun gesê.
Hartelik geluk met die puik prestasie, Shaun! Ons sien uit om te sien hoe hierdie passie jou verder vat!
Nog van Shaun se prestasies:
Kompetisie
Nissan TrailSeeker Gauteng (Half Marathon) 2de plek
Bestmed Berge & Dale (40km) 5de plek
USN MTB Cup #1 (30km) 4de plek
Nissan Trailseeker GP #5 (Half Marathon) 13de plek
94.7 MTB Challenge (55km) 138ste plek
Land Rover Menlyn Trailseeker (40 KM Ride) 4de plek
Silverstar MTB Challenge (40km) 14de plek
Nissan Trailseeker GP #3 (Half Marathon) 24ste plek
Land Rover Menlyn Trailseeker (40 KM Ride) 2de plek
Foto heel bo: Shaun Botha (Verskaf)
Artikel verskaf deur: Monique Naudé
Become a Sponsor








