Sewes Rugbytoenooi. Hoërskool Fichardtpark se o/15 en o/17 sewes rugbyspanne was die afgelope naweek, Saterdag, deel van ‘n sewestoernooi, waar skole van regoor die land deelgeneem het.
Fichies se o/17 span het 24-24 gelykop gespeel teen Lichtenburg. Verder het hulle 26-7 met Port Rex Technical School van Oos-Londen afgereken. In die semi-finaal het hulle ongelukkig met 12-19 teen Grey Kollege vasgeval. Hulle het egter daarvoor vergoed deur die plaatfinaal te verower met hul 17-14 sege oor HTS Louis Botha van Bloemfontein.
Die o/15 span het ook in die semi-finaal met HTS Louis Botha afgereken met die eindtelling van 24-5. Ongelukkig het die span in die Bowl-finaal teen Welkom Gimnasium vasgeval.
Fichies is trots op julle, manne!
#fichiesrugby #fichietrots #voorkeurskool #fichies7’s
Foto’s verskaf
Lees meer oor Fichies: