Seunshokkie liga. Op Woensdag, 6 Maart, het Hoërskool Ermelo se seunshokkie liga begin. EHS se eerste teenstanders was Hoërskool Standerton.
Ongelukkig het die o.16-span 1 – 5 teen Standerton vasgeval. Dian van Aarde het EHS se doel geskiet.
Die Hoërskool Ermelo eerste span seunshokkie span het hulle wedstryd 4 – 2 gewen. Die doelskieters is SS Cilliers, Greghan Groenewald, Victor Burgers en Stiaan van den Heever – ’n goeie wegspring vir die seisoen!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf