Seuns Hokkie.
Op Woensdag 13 April, het die Erries se hokkie seuns in hulle tweede ligawedstryd teen Hoërskool Volksrust te staan gekom.
Die 0/16-span was eerste aan die beurt en wen die wedstryd met twee doele teenoor nul. Doelskieters was Armand Coetzer en Andrew Steyn.
Die eerstespan se wedstryd was ‘n uitdagende stryd, maar die Erries stap as oorwinnaars van die veld af met ‘n eindtelling van 3-0. Hier was die puntemakers Edrich Beyer met een doel en CJ van Huyssteen met twee doele.
Baie geluk aan albei spanne met die oorwinnings en prag hokkie-spel. Sterkte vir die volgende wedstryd teen Hoërskool Standerton.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Fotokrediet: Dale Groenewald