Sentrale Skole Rugby Reeks. Tydens die semi-finale van die Sentrale Skole Rugby reeks het Hoërskool Witteberg van Bethlehem baie goed gevaar. Vyf van Witteberg se spanne het as wenners van die veld gestap.
Witteberg se uitslae was as volg:
- 1ste Span wen 22-19 vs. Hoërskool Diamandtveld van Kimberley
- 2de Span verloor 12-7 vs. Hoërskool Sentraal van Bloemfontein
- 3de Span wen 17-7 vs. Hoëskool Diamantveld
- 16A Span wen 35-5 vs. Hoërskool Noordkaap van Kimberley
- 16B Span verloor 47-5 vs. Hoërskool Diamantveld
- 15A Span verloor 31-5 vs. Hoërskool Diamantveld
- 15B Span verloor 17-7 vs. Hoërskool Diamantveld
- 14A A Span wen 5-0 vs. Hoërskool Diamantveld
- 14B B Span wen agv Hoërskool Diamantveld wat onttrek het
Vyf Witteberg spanne (14A, 14B, 16A, 3de span en 1ste span) sal eerskomende naweek vir die eerste plek kompeteer in Bloemfontein.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf