Sentrale Skole Reeks Finaal. Hoërskool Witteberg van Bethlehem is baie trots op hul Rugby-, Netbal- en hokkie spanne met hul prestasies tydens die Sentrale Skole Reeks Finaal. Die Sentrale Skole Reeks het sy ontstaan in 2018 gehad. Die reeks sluit skole in soos: Hoërskool Sentraal, Hoërskool Jim Fouché, Hoërskool Diamantveld, Hoërskool Fichardtpark, Hoërskool Noord-Kaap, Hoërskool Goudveld en Bethlehem Voortrekker Hoërskool in.
Dit is natuurlik `n groot eer vir die Bethlehem skole om tussen die stadskole amok te maak! Dit is voorwaar `n trotse oomblik vir Witteberg-rugby om die volgende statistiek met ons leerders, ouers, donateurs en ondersteuners te deel.
Rugby
Dit is voorwaar `n trotse oomblik vir Witteberg-rugby om die volgende statistiek met hul leerders, ouers, donateurs en ondersteuners te deel. Na afloop van die 2022 Sentrale Skole Reeks Finaal is dit voorwaar `n trotse oomblik om te sien dat nege uit nege rugbyspanne ‘n groot verbetering getoon het in hul deelname aan die SSR.
`n Groot totaal van drie van Witteberg se spanne het algeheel in die eerste plek geëindig. Vyf ander spanne het onder die top drie van die reeks geëindig.
- 14A- Wen BVHS 17-5
- 14B- Verloor teen Fichardtpark 24-7
- 15A- Wen 12-5 teen Noord-Kaap
- 15B- Wen 27-7 teen JF
- 16A- Verloor 26-6 teen BVHS
- 16B- Wen 21-12 teen JF
- 3des- Wen BVHS 24-12
- 2des- Verloor 36-12 vs DHS
- 1ste xv- 17 elk teen BVHS
Algehele uitslae tussen die 8 skole in die Wesgrow reeks:
- 1ste xv deel die eerste plek met BVHS.
- 2de xv- 4de plek
- 3des- 1ste plek
- 16A- 2de plek
- 16B- 3de plek
- 15A- 3de plek
- 15B- 3de plek
- 14A- 1ste plek
- 14B- 2de plek.
Witteberg eindig algeheel tweede uit die agt skole wat Bloemfontein en Kimberley insluit!
Netbal:
- 14A vs Diamantveld verloor 24-29
- 14A vs Noord-Kaap wen 21-11 Eindig 7de
- 14B vs Sentraal verloor 0-33 Eindig 7de
- 15A vs Noord-Kaap wen 26-23
- 15A vs JF wen 27-25 Eindig 5de
- 15B vs Diamantveld verloor 16-18 Eindig 6de
- 15C vs Goudveld verloor 20-9 Eindig 6de
- 16A vs JF verloor 31-3
- 16A vs BVHS verloor 20-9 Eindig 4de
- 16B vs Fichardtpark 8-7 wen Eindig 5de
- 4e vs JF wen 24-10
- 4e vs Sentraal verloor 24-28 Eindig 2de
- 3e vs Sentraal verloor 16-22
- 3e vs BVHS wen 24-22 Eindig 3de
- 2e vs Goudveld wen 21 – 16 Eindig 5de
- 1e vs Diamantveld verloor 19-46
- 1e vs Noord-Kaap verloor 27-33 Eindig 8ste
Hokkie:
Meisies
- 0/14 A verloor 3-1 Voortrekker – Eindig 2de
- 0/16 A wen 2-1 JF – 5de
- 0/16 B wen 2-0 JF – 1ste
- 1e span verloor 4-1 Voortrekker – 2de
Seuns
- 0/14 verloor 0-1 teen FHP – 4de
- 0/16 verloor teen JF – 4de
- 1e verloor 0-1 Voortrekker – 2de
- 2e span verloor 0-4 Sentraal – 4de
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
– Aksie – Nico Janse van Rensburg
– Bradley Saptou