Sentraal-Gauteng Tennisspan. Jané Serfontein, graad 10 leerder van Hoërskool Linden in Gauteng, is onlangs na afloop van die Sentraal-Gauteng proewe as die nr. 4-tennisspeelster vir die o.19A Sentraal-Gauteng tennisspan gekies. Hierdie indrukwekkende prestasie gee haar die geleentheid om tydens die interprovinsiale toernooi vir ’n plek in die SA Skolespan mee te ding. 🇿🇦
Louis Holtzhausen (graad 9) is ook as die nr. 4-tennisspeler vir die o.19B Sentraal-Gautengspan ingesluit — ’n uitsonderlike prestasie vir dié 15-jarige.
Baie geluk, Jané en Louis! Die hele Linden-familie is ongelooflik trots op julle.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








