Senior redenaarskompetisie. “If you have an important point to make, don’t try to be subtle or clever. Use a pile driver. Hit the point once. Then come back and hit it again. Then hit it a third time – a tremendous whack.” – Winston S. Churchill. Dit was vir die leerders van ANHS ‘n wonderlike geleentheid om, tydens die Senior redenaarskompetisie, weer voor ‘n podium en ‘n gehoor te kon staan en dit wat op hulle harte was te kon deel.
Dit was nog ‘n groter voorreg om na die leerders te kon luister. Baie ure en harde werk is in die skryf en voorbereiding van die toesprake ingesit – en dit was die moeite werd.
Baie geluk aan die volgende wenners in die Graad 10 tot 12 afdeling:
- Derde plek: Nyakallo Seema in Graad 11
- Tweede plek: Alu Photo in Graad 10
- Eerste plek: Marnus Snyman in Graad 11
ANHS bedank graag die kultuurbestuur onder leiding van Marnus Snyman en Robyn Reid wat die voortou met die reëlings vir die geleentheid geneem het.
‘n Groot dank ook aan Me Gerda-Marie Carstens, me Ané von Gericke en me Aniéke Ferreira wat as beoordelaars opgetree het. Die aand sou sonder julle insette en opoffering nie moontlik gewees het nie.
Die kultuurbestuur sien met groot afwagting uit na die junior redenaarskompetisie wat vir die derde kwartaal beplan word.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf