Laerskool Stulting het by NG Moedergemeente van Humansdorp se 170ste verjaarsdag-feesvieringe, tydens die Plaasfees, opgetree.
Die koor het onder leiding van Me. Riƫtte du Toit en Christelle Landman (begeleidster) die Humansdorp-lied gesing. Hierdie pragtige lied is deur een van die plaaslike inwoners, Karien du Plessis, geskryf.
Wat hierdie optreede ook baie spesiaal maak is dat Laerskool Stulting hierdie jaar hul 80ste verjaarsdag vier, 90 jaar na die stigting van die NG kerk op Humansdorp.
Ds. Stulting, na wie die skool vernoem is, was destyds ān leraar van die NG kerk op Humansdorp.
Wat ān historiese gebeurtenis!
Become a Sponsor









