Schools that rock het ‘n paar vra aan Zoe Davids, Onderhoofmeisie van Hoërskool Oudtshoorn, gevra.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien die meeste uit daarna om my laaste jaar as ‘n Struisie te geniet en elke byeenkoms en aktiwiteit by te woon. Om die meeste te maak van 2021, ongeag die omstandighede.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek sal meer bemoeienis met die leerders maak. Dalk ook meer leer van ander se kulture sodat ons meer inklusief kan wees.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? Struisies is ‘n hegte familie, wat elkeen aanvaar en probeer motiveer. Jy word nie in n boksie gedruk nie, maar kan jouself uitleef.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? My rolmodelle is Juffrou McCallum en Miss Robinson, siende dat hulle altyd bereid is om die ekstra myl vir ander te loop en ook die positiewe in ons as leerders te sien.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? My voorkeursport is netbal, juis omdat dit n spansport is en ons gedwing word om saam te kan werk.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? My gunsteling gereg is pizza met ‘n yskoue glas vrugtesap.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Die moontlike loopbaan wat ek na skool wil volg is Sielkunde, Politieke wetenskappe of BA Geesteswetenskappe. Ek wil graag deur dit ‘n verskil maak in ander se lewe en uitkyk op die lewe.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? My voorkeur Universiteit is Universiteit van Stellenbosch en UCT is my tweede opsie.
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Die lewe is kort, so maak die meeste daarvan. Don’t live life filled with regrets and what if’s. All we have are here’s and the now’s. We’re facing difficult times but we can get through anything, even if it looks impossible now.
Per Laborem Ad Astra❤️