Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Lienke le Roux, Hoofdogter van Hoërskool Oudtshoorn.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien definitief uit daarna om al my vriende weer te sien en elke oomblik van my matriekjaar te geniet!
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by Hoërskool Oudtshoorn? Meer geesvang periodes.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Struisies hul keuse te maak, wat sal dit wees? Struisies is ‘n familie wat uitkyk en omgee vir mekaar. Die gees is hier en die gesindheid teenoor mekaar is amazing! Die vriende wat jy hier maak is vriende wat jy vir die res van jou lewe gaan hê!
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Ek het verskeie rolmodelle by die skool (waaronder onderwysers, mede-leerders en vorige leiers deel vorm daarvan) so dit is moeilik om iemand uit te sonder…
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Netbal.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Chicken Chow Mein of Sushi.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek is nog nie doodseker nie, maar dalk iets in die mediese veld of finansies.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Ek wil graag na die Universiteit van Stellenbosch gaan!
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Leef elke dag voluit en geniet elke oomblik. Waardeer ook elke dingetjie en maak die beste van jou tyd hier terwyl jy nog in die skool is.