Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Ronel Kruger, Hoofmeisie van Klerksdorp Hoërskool, Noord-Wes.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Om weer ‘n sokkie in te werk en om saam met al my vriendinne te lag
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek sou meer geesvang of sosiale aksies probeer reël, maar steeds die Covid reëls gehoorsaam sodat ons die leerders positief kan maak en hulle te motiveer vir die jaar.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? By KHS is daar ‘n plekkie vir almal. Jy maak saak hier! Jy hoef nie te presteer nie. Neem deel, gee jou beste en geniet dit. Maak nie saak waaraan jy deelneem, op die veld of op die verhoog nie.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Juffrou Yvonne Scott. Haar positiwiteit is aansteeklik en sy het altyd ‘n plan! Juffrou Yvonne sit altyd haar hele hart in ‘n ding. Sy terg en lag saam met ons en maak die beste van ‘n slegte situasie.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Hokkie is definitief my gunsteling sport.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Met ‘n paar lekker varkribbetjies kan jy my in ‘n wip vang.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil graag B.Com Bemarkingsbestuur swot en eendag my eie besigheid begin.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Die Universiteit van Stellenbosch.
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Moet nie vasklou aan dÃt wat verby is en dÃt waarop ons uitgemis het nie! Jesus belowe ons in Joël 2:25 dat Hy vir ons alles wat ons verloor het weer gaan teruggee. Hou moed en staan sterk. ‘n Blink toekoms wink vir ons!