Schools That Rock vra ‘n paar vrae aan Ninke-Marie Potgieter, Hoofdogter van Hoërskool Kalahari, Kuruman.
Vraag: Hoe sien jy die invloed van die Covid19 virus op ons land?
Persoonlik dink ek dat hierdie pandemie ‘n tragiese ekonomiese nadraai gaan hê en dat meer mense bankrot of finansieel geruïneer gaan wees as die fisiese lewens verliese. Dit het wel mee gebring dat meer gesinne weer besef hoe belangrik ons vir mekaar is en dat gesinstyd nie ‘n opsie is nie maar ‘n moet.
Vraag: Dink jy dat die virus ‘n invloed op toekomstige onderwys gaan hê? Gaan skole anders kyk na onderwys?
Dinge gaan vir seker verander, maar slegs die toekoms sal kan sê hoe dit prakties op die grondvlak sal verander. Onderwysers en leerders het nou gesien dat tegnologie ‘n groter hulpmiddel kan wees as wat ons voorheen besef het.
Vraag: Hoe/wat beplan jy om steeds jou doelwit vir jou laaste jaar op skool te bereik?
Hierdie is vir my persoonlik ‘n baie emosionele vraag: skoolwerk kan ingehaal word, maar vir ons as matrieks van 2020, is al ons “laastes”, bv. interskole, dinee’s en dalk nog ons matriekafskeid ook, van ons ontneem. Ons sal dit nooit weer kan beleef nie.
Vraag: Wat beplan jy vir jou toekoms? Loopbaan?
Ek wil graag Bedryfsielkunde gaan studeer, maar dit voel op die oomblik baie vêr in die toekoms, maar daar gaan nog eers baie harde werk in hierdie jaar moet ingaan om daarvan ‘n sukses te maak.
Verdere kommentaar:
Ons as Suid-Afrikaners is fantastiese mense, want selfs te midde van ‘n pandemie wat ons van soveel dinge weerhou kan ons nog steeds lag al is dit soms met ‘n traan in die oog.