Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Nerine van Wyk, ‘n leier van HTS Middelburg.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Net om weer al my vriende te sien en omring te wees deur mense wat dieselfde doelwitte as ek het.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? ‘n Beter verskeidenheid van koshuis-kos.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om HTS Middelburg hul keuse te maak, wat sal dit wees? HTS Middelburg is ‘n skool met goeie waardes en dissipline waar elke kind in ag geneem word. As jy ‘n plek soek waar jy nie net ‘n nommer gaan wees nie, maar deel van ‘n familie – is hierdie die skool vir jou.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Juffrou Adel Pheifer. Sy inspireer my elke dag om myself te wees en die lewe ten volle uit te leef.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Beslis hokkie.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Enigiets behalwe koshuis-kos, maar as ek regtig nou moet kies sal ek sê seekos.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil graag Mariene Biologie studeer.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Hopelik die Universiteit van Kaapstad, maar dit hang af of ek keuring kry.
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Lewe vir jouself en niemand anders nie. Baie keer, aan die einde van ons lewens, kyk ons terug en wens dat ons meer kon doen – gelukkiger kon wees. Neem hierdie tyd om soveel as moontlik te doen en maak seker dat jy nie spyt gaan wees nie.
Foto verskaf