Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Mieke Ferreira, Hoofdogter van Hoërskool Burgersdorp.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien uit daarna om weer my vriende te sien en om nuwe herinneringe te maak.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by Hoërskool Burgersdorp? Ek sou probeer om die skool so normaal as moontlik vir die leerlinge te laat voel.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? Hier by Hoërskool Burgersdorp is ons almal deel van ‘n familie en ons gemeenskap is baie betrokke by die skool omdat almal die beste leerders wil hê.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Ma’am Jo-Ann Troskie. Sy stel ‘n goeie voorbeeld vir ons skoolmeisies en sy is ‘n uitstekende leier.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Hokkie
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Pizza
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek stel belang in optometrie.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Universiteit van die Vrystaat (Kovsies).
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Maak gebruik van elke geleentheid en weet dat die Here jou gekies het om in hierdie tyd te leef omdat jy sterk genoeg is.