Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Anchen Bezuidenhout, Ondervoorsitter Kultuur van HTS Middelburg.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Om weer al my vriende en onderwysers te sien en die opgewondenheid van die Blougatte te ervaar. Interaksie met my vriendinne is soos suurstof vir my, ek kan nie wag nie.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Dit sal baie lekker wees as die “nuwe Normaal” weer die “Ou Normaal” kan word, maar ek wonder of dit ooit werklik weer sal kan gebeur.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? Ek het ‘n lekker skoon breek gedoen van my Laerskool af. Ek het Rooies toe gekom en niemand hier behalwe my neef geken nie. Dit was die wonderlikste ervaring ooit. Nuwe vriende, nuwe bloed om jou. Almal met een hart vir ‘n fantastiese skool. ‘n Skool met baie streng reëls, norms en waardes. Presies net wat elke tiener nodig het. ‘n Kind floreer onder streng beheer. Ek is ‘n veelsydige leerling en HTS Middelburg is ‘n skool waar daar vir seker iets is vir elke kind om te doen, behalwe om net skool te gaan.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Juffrou Schutte. Ek het van graad 1 af tot graad 7 vir my skool se A-Netbal span gespeel. Toe ek by HTS Middelburg aansluit, het juffrou Schutte my vir die B-span gekies. Sy het my so hard laat oefen, geïnspireer en gemotiveer dat ek in graad 9 gekies is vir die A span. In Graad 10 is ek gekies is vir PUMAS en einde graad 10 het ek die 0/17 SA Fast Five Bokkiespan gehaal en is aangewys as die speler van die Somer-toernooi en na Dubai getoer saam met die 0/17 SA Netbal Bokkiespan .
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Dis baie moeilik vir my om te kies. Ek is ‘n MUSSA Hoogspring atleet, ‘n Puma Netbalspeler en ‘n Nasionale Danser. Ek dink nie dis moontlik om ‘n gunsteling te kies nie.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Daar is niks lekkerder as beskuit nie.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? My eerste keuse is Onderwys en dan is daar nog die moontlikheid van Uitvoerende Kunste (Drama / Dans) by New York Film Acadamy deur my agentskap, 33andMe Talent Agency.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Sover het ek besluit op AROS. Tuks is ook ‘n moontlikheid en dan het ek ook geleentheid gekry om reeds aansoek te doen vir ‘n beurs by New York Film Acadamy deur my agentskap, 33andMe Talent Agency.
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Sien elke dag as ‘n nuwe uitdaging en gryp dit aan met beide arms. Môre is nooit gewaarborg nie, so lewe vandag voluit. Maak seker Liewe Jesus is elke dag saam met jou op jou Lewensreis. Hy is verseker die Beste Gids en Vriend om saam te neem.
Foto verskaf