Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Luzaan du Plessis, Hoofdogter van HoĆ«rskool Vrede gevra.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien baie daarna uit om weer omring te wees deur mense. Om terug te wees by die koshuis en net weer al die gewone skoolaktiwiteite te beleef. Hoger-Op Koshuis is uniek en is regtig ān huis weg van die huis.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by HoĆ«rskool Vrede? Vrede HoĆ«rskool is ān klein skooltjie met ān groot hart. Ek sal so bly wees as ons hierdie jaar weer normaal kan skoolgaan en sportdae hou soos in die verlede.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? Ons skoollied begin met die woorde āons is ān klein dorpieā. Vir baie mense is dit negatief, maar vir ons is dit die rede hoekom ons juis hier bly. Juis omdat ons klein is, is daar ān gevoel van familie. Elke leerder tel in ons skool en ons het elkeen nodig om ān verskil te maak. Ons het ān verskeidenheid van aktiwiteite waaraan almal kan deelneem. Ons het baie pret by Vrede HoĆ«rskool. By ons is dit LEKKER !
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Juffrou Marina Bester – my Wiskunde en Biologie Onderwyseres. Sy is ān toonbeeld van passie vir die onderwys en haar leerders. Juffrou Marina het die gawe om met ān enkele glimlag jou dag op te helder. Sy het ān groot hart en met haar sagte oĆ« kyk sy tot binne-in jou siel. Sy verwys altyd na ons as āmy kindersā en laat ons ook soos haar eie kinders voel. Sy wil altyd net die beste vir ons hĆŖ en motiveer ons om ons volle potensiaal te bereik.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Hokkie. Daar is geen lekkerder gevoel as om ān hokkiebal op jou hardste tot aan die ander kant van die baan te slaan nie! Die toere en spangees maak dit baie opwindend.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Ek is mal oor WORTELSLAAI, maar dit moet my MA se wortelslaai wees. Ek is ook ān soettand en sukkel om nee te sĆŖ vir ān soet dingetjie.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek het ān passie vir mense en om mense te help. Ek ondersoek ān loopbaan in Arbeidsterapie (Psigiatrie).
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Universiteit van Pretoria
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Spandeer tyd saam met mense wat jou leer hoe om die wonderwerke in jouself raak te sien. Doen alles wat jy doen elke liewe dag met passie ā want dit gee jou die krag om ān ekstra myl te loop. 2021 is ān jaar van planne maak ā en daarvan het ons matriekklas van 2021 baie! Moet nooit dat jou planne opraak nie.
Foto verskaf
Become a Sponsor








