)

Schools That Rock gesels met Jane Vorster

Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Jane Vorster, Hoofdogter van Rooiskool in Kroonstad gevra.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien die meeste daarna uit om my vriende en onderwysers te sien. Ek wil my matriek- jaar met sukses voltooi. Met Covid-19 sal dit ‘n bonus wees as ons sport kan beoefen.

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek sal wil sien dat meer matrikulante Universiteitsvrystelling kry. Ek sou meer erkenning aan prestasies wou gee. Ek wil hê dat meer leerders die waarde sal insien van wat dit is om ‘n trotse leerder van Afrikaanse Hoërskool Kroonstad te wees.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Rooiskool hul keuse te maak, wat sal dit wees? Dit is ‘n Afrikaanse skool met Christelike waardes. Die skool is soos ‘n familie wat almal soos een man saamstaan. Elke onderwyser het ‘n hart en passie vir kinders, en daarom is ons akademie, sport en kultuur puik. Rooies is die plek waar jy uniek jouself kan wees.

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? My rolmodel by die skool is juffrou Karen Hills. Sy het ‘n ongelooflike passie vir haar werk. Haar interaktiewe manier van klas gee maak Fisiese Wetenskap maklik en lekker. Sy bou in haar leerders se lewens in op alle vlakke van menswees.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? My gunsteling sportsoort is hokkie. Ek hoop om gou weer hokkie as ‘n sportsoort te geniet.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? My gunsteling gereg is enige vorm van Pasta

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek hoop om na matriek Optometrie te studeer.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Nie alle Universiteite bied die studierigting aan nie, tans kyk ek na Kovsies as ‘n Universiteit.

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Aan my mede-skoliere – ons weet nie wat 2021 vir ons inhou nie. Daarom moet ons elke geleentheid met beide hande aangryp en voluit lewe. Werk hard en vertrou op God, maak nie saak wat die uitdagings is wat ons moet trotseer nie.

Foto verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal