Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Irmarie Buys, Onderhoofdogter van Hoër Meisieskool Oranje In Bloemfontein.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien uit om weer my skooldrag aan te trek en met trots my skool se naam hoog te hou. Ek kan nie wag om my laaste jaar vol herinnerige aan te pak en elke oomblik te geniet nie.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wil sien gebeur by jou skool? Ek sal elke dogter gereeld herinner dat sy ‘n plekkie in die skool het en dat sy ‘n verskil maak. En projekte en toesprake rondom daardie onderwerp reël.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om OMS hul keuse te maak, wat sal dit wees? Oranje is ‘n skool wat fokus op akademie, sport en kultuur, maar dit is ook ‘n skool wat jou leer van Christenskap, waardes en susterskap. Hier is tradisies en skooltrots belangrik en daar is ‘n plek vir elke dogter.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Ons skoolhoof, Mev. Klink, is my rolmodel. By haar leer ‘n mens van hardwerkendheid, omgee, geloof, nederigheid, maar belangrikste leer jy by haar om altyd positief te wees, maak nie saak wat jou omstandighede is nie.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Hokkie is my gunsteling-sport.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? My gunsteling-gereg is Alfredo Pasta.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg ná skool? Ek wil graag Aktuariële Wetenskap gaan studeer.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Ek wil graag aan die Noordwes-Universiteit of Universiteit Stellenbosch studeer.
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? My boodskap aan elke dogter is om die jaar in te gaan as haarself. Gee jou beste in alles wat jy doen en wees dankbaar vir selfs die klein dingetjies. Doen alles voluit, maar bly altyd geanker en nederig by God se voete.