Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om die kaptein van Hoërskool Strand se 1ste Netbalspan, Leané van Deventer, aan die lesers van ons webtuiste voor te stel.
“Ek is Leané van Deventer, Kaptein van die eerste span Netbal by Hoërskool strand.
Ek speel al netbal vandat ek 7 jaar oud was ( graad 1 ). Die hoof-posisie wat ek speel is Center ( C ), maar ek speel verskeie posisies, HD onder andere.
Buiten die eerstespan was ek ook kaptein gewees van my o/14A en o/15A span.
Ons as span oefen 3 keer ‘n week. Ek probeer dit ‘n prioriteit maak om ten minste 4 keer per week op my eie te oefen.
Ek neem ook aan buite sport deel – ringbal.
Ek verkies definitief spansport bo individuele sport.
Ek sien my doel as kaptein om my span deur ‘n moeilike wedstryd te trek en om die spel op die baan rustig te hou as ons oorhaastig raak. Om my span te ondersteun tot die beste van my vermoë en ook om leiding te neem.
Ek wil graag voortgaan met netbal op universiteit.”