Foto bo: Hokkie wenspan
Vrydagmiddag die 14de Mei het Hoërskool Aliwal-Noord se terrein omtrent gewemel met knaende sportmanne en dames. Die leerders het vroëer die week al hulself in spanne ingedeel en daar was op die dag touchies, 6-a-side hokkie, netbal en sokker gejol. Dit was ‘n wonderlike dag vol gees en liefde vir sport.
The soccer guys participated enthusiastically in the Alies Sports Day. Teams consisted of boys from all grades to make it a fair competition. A total of ten teams participated. After a very tense shoot out, the final match was played. The players of the winning team were Asiphile Jubase (captain), Lesa Motele, Tyler Mathimba, Lwazi Kolanisi, Babalo Tsobhileyo, Athanathi Mdodana, Kwande Pindani, Warona Ramile, Relebohile Mphi. Congratulations to the winning team!
Die hokkie bokkies het met lawwe uitrustings gepronk en skryf op die dag ses spanne in. Die meisiespan genaamd “Mengelmoes” dring deur na die finaal teen die seunspan, “Golden Strikers” waar die seuns koning gekraai het. Die wenspan was Yolani, Kamva, Ashleigh, Onke, Simanye en Stefan.
Die rugbymanne maak nege spanne en ding mee onder die vaandel 0/15 en o/19. Die wenspan vir die o/15s was Lutho Silele, Keeshaun Basson, Esona Marks, Ashleigh Smit, Ohuhle Dyani en Kamva Sithole. Die wenners van die o/19 afdeling was Siphelele Dumbisa, Buhle Moyake, Buhle Mokhosi, Neo Seleke, Gift Manamane en Hlumelo Siciko. Baie geluk, manne!
The 9 first squad netball players had to assemble a team of nine players consisting of U/14, U/16 and U/18 players. The winning team was the first team’s center, DijanaCoetzer’s, team. All the Netball girls had a fun afternoon and showed excellent sportsmanship.
Sport is ‘n belangrike deel van enige skool en Vrydag se Sportdag het weer bewys hoe lekker dit is om ‘n Alie te wees. Dankie vir almal se deelname. Dit was ‘n reuse sukses.
Foto’s verskaf