)

Schools That Rock gesels met Hoërskool Outeniqua se 1ste span Dogters Hokkiekaptein

Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om die kaptein van Hoërskool Outeniqua in George se 1ste Hokkiespan, Amy Wessels, aan die lesers van ons webtuiste voor te stel.

“Snaaks genoeg wou ek niks weet van hokkie tot en met graad 5 toe nie. Ek speel dus al van graad 5 af en het nog nooit opgehou nie.

Ek was nog nooit van te vore kaptein nie, maar wel onderkaptein 0/13 A en 0/16 A by die skool asook onderkaptein van die Eden span O/16 span asook indoor span.

Ek oefen 5 keer per week waarvan Maandae en Woensdae by die skool op die astro is vir een en ‘n halfuur en Dinsdae en Donderdae doen ek fiksheid vir ‘n uur. Oor naweke sal ek of op ‘n Saterdag of ‘n Sondag bietjie gaan hardloop op my eie.

Op Laerskool het ek aan alles deelgeneem, netbal, hokkie en atletiek, maar nou is my tyd bietjie meer beperk en ek fokus net op hokkie.

My voorkeur is spansport, want ek hou nie daarvan om in die kollig te wees op my eie nie. Ek voel ook as jy wen, is dit soveel lekkerder om dit met 10 ander meisies op die baan te deel as op jou eie.

Ek sal sê wat ek graag as kaptein wil bereik, is om almal in die span te laat voel dat hulle ‘n plekkie het en dat almal ‘n rol speel. Al is jy die jongste of dalk is jy nie op die ‘starting line up’ nie, sal ek steeds wil hê dat almal die vrymoedigheid moet kan hê om iets te sê of te doen. Omdat ek al baie die jongste in ‘n span was, weet ek hoe dit voel en sal graag wil hê dat almal voel hulle behoort en dat daar gevoel van samehorigheid sal wees.

Ek beoog om na skool voort te gaan met hokkie. Ek dink dalk daaraan om vir ‘n klub, of waar ek gaan leer, te speel. Ek sal definitief altyd hokkie wil speel aangesien ek so lief geraak het daarvoor.”

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal