Schools that rock het ‘n paar vrae gevra aan Hannie Nel, Hoofdogter van HoĆ«rskool Bultfontein.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien die meeste uit na die gevoel, die vreugde, almal se opgewondenheid, hoopvolle oƫ en matriekdrag!
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek sou die skool graag in meer kleur wou sien m.a.w meer kreatief. Ek sal ook graag wil sien hoe die hele skool deelneem aan alles wat die skool bied en skooltrots bevorder.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? Na ‘n week in die klipsteengebou gaan die groen en blou strepe so diep in jou hart geĆ«ts wees jy gaan nie op n ander plek wil wees nie.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Al die onderwysers is rolmodelle vir my, maar elkeen op ‘n ander vlak. As ek twee moet uitsonder, mnr. Nicolaas Venter (Afrikaans) en mev. Belinda Viviers (Biologie & Landbouwetenskappe), want hulle leer jou meer wyshede oor die lewe as wat van hulle verwag word.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Netbal
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Pizza
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil graag begin met verpleegkunde en dan verder studeer in ‘n spesifieke veld soos pediatrie of sielkunde.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Universiteit van Stellenbosch.
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? “Do it afraid!” Selfs al is jy bang en onseker, trap vas en doen dit voluit!
Become a Sponsor








