)

Schools That Rock gesels met Danika Malan

Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Danika Malan, Hoofdogter van HTS Middelburg.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien verskriklik baie uit om net weer terug te wees saam my klasmaats. Ek kan nie wag om die meeste te maak van my matriekjaar – en vir al die goeie herinneringe wat gepaard gaan met dit!

Vraag: Is daar enige aanpassings/veranderinge wat jy graag wil sien gebeur by HTS Middelburg? Nee, ons leef op dié stadium in ‘n baie onbekende tyd. Ek voel dat HTS reeds alles doen om kop bo water te hou. Ek dink ook dat HTS Middelburg se sisteme en wyses van top gehalte is.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak,wat sal dit wees? Ek glo dat dit nie eers nodig is om iemand te oorreed nie, aangesien HTS Middelburg duidelik die beste keuse is. As ek tog iemand moes oorreed, sou ek die persoon vertel van ons rotsvas tradisies en goeie dissipline. Behalwe vir die uitstekende akademie, sport en kultuur, is ons ook een groot Rooies-familie. Wie wil nou nie deel wees van so ‘n wonderlike skool nie?

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Die hoofseun- Dirku van Niekerk! Hy was nog altyd my “partner in crime” en ek kan nie wag om 2021 en al die uitdagings van die jaar saam hom aan te pak nie. Boonop dit, is Dirku al van kleins af ‘n baie goeie vriend. Hy is werklik iemand waarna ek opkyk.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Beslis netbal of om te draf! Maar ek is absoluut mal daaroor om die skool se rugbywedstryde te ondersteun.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Sjoe,dis moeilik om te besluit! Ek dink my ma se botterskorsie-en-spek-sop is definitief ‘n wenner!

Vraag: Watter rigting wil jy volg na skool? Ek wil baie graag ‘n mediese rigting volg. Ek hou baie daarvan om met mense te werk en ek dink om ‘n dokter, chirurg of pediater te wees, is ‘n briljante manier om na ander uit te reik en te help. Dit is my droom om eendag te kan spesialiseer in chirurgie.

Vraag: Na watter Universiteit wil jy volgende jaar gaan? Op hierdie stadium het ek nie spesifieke Universiteite wat ek verkies nie. Ek weet dat dit baie harde werk vereis om keuring te kry en daarom mik ek om na die Universiteit toe te gaan waar ek aanvaar word.

Vraag: ‘n Boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021. Rooies, bly positief. 2021 Is vir almal ‘n aanpassing, maar gelukkig kan ons Rooies saamstaan en al die uitdagings maklik oorwin. Hou aan om jou beste te gee, geniet elke oomblik (al is dit nie altyd maklik om huiswerk te geniet nie), en wees dankbaar vir alles.

Foto verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal