Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Esmarie du Plessis, Ondervoorsitter van die VRL 2021 van Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein gevra.
Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien beslis die meeste uit om die graad 8’s te verwelkom en om te begin werk aan al die projekte wat die VRL vir die skool beplan.
Is daar enige aanpassings veranderinge wat jy graag wil sien gebeur by Hoërskool Sand du Plessis? Ek wil graag sien hoe Hoërskool Sand du Plessis na hoër hoogtes streef op sport en akademiese gebied.
Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? By Hoërskool Sand du Plessis is ons ‘n gebalanseerde skool waar onderwysers geleenthede skep dat elke kind sy potensiaal bereik.
Wie is jou rolmodel by jou skool? Al die onderwysers omdat elkeen vir ons iets gee om na op te kyk.
Watter sportsoort is jou gunsteling? Definitief netbal.
Wat is jou gunsteling gereg? Pizza
Watter loopbaan wil jy volg na skool? Veeartsenykundige
Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Onderstepoort
‘n Boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021. Maak jou drome realiteit.
Foto verskaf