)

Schools That Rock gesels met Enrize van der Walt

Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Enrize van der Walt, Voorsitter van HTS Tom Naudé se Leerlingraad.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Om weer in ‘n normale skool-roetine in te val en met my vriende te sosialiseer asook om as voorsitter van my skool se leerlingraad, leiding te neem en my voetspore in die skool se geskiedenis te maak

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wil sien gebeur by HTS Tom Naude? Ek sal graag die leerders wil aanmoedig om by die nuwe reëls en regulasies te hou wat geskep is a.g.v. die Coronavirus. Dus kan ons almal in ‘n positiewe en veilige omgewing studeer en presteer.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? Tom Naudé is ‘n tegniese skool met 70 jaar se wye kennis en trotse tradisies. As ‘n leerder van die skool het jy reeds ‘n voorsprong bo die res. Tom Naude se leerders stap aan die einde van hul matriekjaar met ‘n N3 in die tegniese rigting van hul keuse uit. Daar  sal altyd ‘n vraag na ambagsmanne wees.

Vraag: Wie is jou rolmodel by die skool? My rolmodel by die skool is nie net een persoon nie maar ‘n paar mense. Ons Tommie onderwysers het ‘n reuse impak op ons leerders se lewens. Hulle is altyd bereid om vir ons die ekstra myl te loop sodat ons ons volle potensiaal kan bereik. Hulle my rolmodelle.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Rugby. Dit is ‘n spansport wat ‘n mens druk om jouself te verbeter. Dit verbeter ‘n mens se uithouvermoë en deursettingsvermoë.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Potjiekos

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Biomediese Ingenieurswese. Ek vind dit baie interessant hoe die mediese en tegniese aspekte saam werk om die mense se lewensgehalte te verbeter. Dit is ‘n baie diverse loopbaan wat baie verskillende geleenthede bied.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Die universiteit van Witwatersrand in Johannesburg.

Vraag: ‘n Boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021: Ek wil vir my mede-skoliere sê dat dit nou die tyd is om hulself te druk om te presteer want niemand anders gaan dit vir hul doen nie. Moenie uitstel nie want van uitstel kom afstel.

Foto verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal