)

Schools That Rock gesels met Divan Steenkamp

Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Divan Steenkamp, Hoofseun van HoĆ«rskool Klerksdorp.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Dit waarna ek die meeste uitsien tydens diĆ© skooljaar, is dat skoolsport weer mag begin en ons teen ander skole kan deelneem.           

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek dink mense moet nie sommer net veranderings of aanpassings maak nie, maar ek glo dat bestaande tradisies by ‘n skool eerder in stand gehou, gerespekteer en gehandhaaf moet word. Van daar kan daar gekyk word na veranderings en aanpassings indien nodig. Aan ‘n skool soos KHS sou ek nie wou verander nie. Ons 100 jaar bestaan en ryke tradisies spreek vanself.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om KHS hul keuse te maak, wat sal dit wees? Die ryke tradisie van KHS oor 100 jaar en die talle prestasies van ou KHS leerders vertel sy eie storie. Ons skool is gebou op vyf pilare naamlik sosiaal, sport, kultuur, akademie en godsdiens, so elke kind het ‘n plek in KHS. Ons bloed is blou – ons kort net vir jou!

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? ā€˜n Rolmodel vir my by die skool sal mnr Duane Bredenkamp wees. Sy interaksie met alle leerders  op terrein en in die klas is opmerkend. Sy toegewydheid om van voor skool, 5 uur in die oggend, spelers te help met addisonele krieket en hokkie-afrigting is ‘n bewys van iemand wat omgee vir ander asook om geduld vir ander in my mede KHS’ers te kweek.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? My gunsteling sportsoort is tennis

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? My gunsteling gereg is om ā€˜n stukkie ‘steak’ of skaaptjoppie op die vuur te gooi.

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek sal graag in die glasbedryf wil gaan en eendag my eie glas en aluminium besigheid begin.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Ek sal graag by die Universiteit van Stellenbosch wil gaan swot.

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? 2020/2021 Was sover ‘n uitdaging vir al ons skoliere, aanlyn klas , huiswerk word per classroom of Whatsapp na jou gestuur, maar wees verseker, die pandemie gaan iewers eindig en ons jong mense het nog ons hele lewe voor ons. Ons moet net opkyk na waar ons hulp vandaan kom en dit sal met ons goed gaan. Sterkte met die skooljaar. Bly net postief en moet nooit moed verloor nie!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal