Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om die kaptein van Hoërskool Punt in Mosselbaai se 1ste Hokkiespan, Elri Venter, aan die lesers van ons webtuiste voor te stel.
“Ek speel al hokkie vanaf ek 11 jaar oud is.
Ek was o/kaptein vir die Southern Cape Sables in 2019. Ek oefen 5 keer per week, 3 keer saam met die span en 2 keer in die gym. Saterdae speel ons wedstryde en Sondae rus ek.
Ek speel vir die Southern Cape Sables binnenshuise hokkie. My voorkeur is, sonder twyfel, spansport.
Ek sien my plig as kaptein om die span altyd 1ste te stel, hulle te inspireer en te motiveer om as ‘n span hard te werk om ons doelwitte te bereik.
Na skool ek wil graag vir die universiteit van my keuse hokkie speel.”