Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Christiaan Roux, Hoofseun van Hoërskool Eldoraigne in Pretoria.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien die meeste uit om verhoudings te bou. Ek streef daarna om “bande” te bou tussen verskillende uiteenlopende groeperinge (nl Akademie, Sport, Kultuur, welwil en Sosiaal). Ek sien daarna uit om mense met verskillende sienings oor die lewe saam te snoer as een groep wat ‘n verskil in die wêreld daar buite kan maak. Ons is een skool, en saam ondersteun ons almal mekaar.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek sal graag die houding van sommige leerders wil verander. Ek sal graag ‘n kultuur van trots vir ons skool wil kweek. Dit sal alles aspekte van Hoërskool Eldoraigne verbeter soos sport, kultuur, akademie, welwil en sosiaal.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed omHoërskool Eldoraigne hul keuse te maak, wat sal dit wees? Hoërskool Eldoraigne het top-klas onnies wat dit hulle roeping maak om ons te lei en integriteit te koester sodat elke leerder hulle roeping kan vervul.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Hokkie Direkteur – Richard Pautz. Hy is ‘n ware voorbeeld van harde werk word beloon, asook om altyd en in alle omstandighede die regte ding te doen, selfs as niemand kyk nie.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Hokkie.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Enigiets sonder …… groente
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek sal graag medies wil studeer. Langtermyn doelwit: Kardiovaskulêre Chirurg.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Daar waar ek keuring kry. Ek sal Tuks verkies.
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Mede skoliere, 5 jaar bied aan jou geleenthede om op akademiese, kulturele en sport platforms intellektueel en emosioneel te groei om jou roeping te kan vervul wat dit ookal mag wees. Ministerium tuum vocatio. Wees jy, die beste individu wat jy kan wees. Doen altyd die regte ding, onder alle omstandighede, selfs wanneer niemand kyk nie.