)

Schools That Rock gesels met Amy Wessels en Ruben Groenewald

Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan die hoofleiers van HoĆ«rskool Outeniqua in George, Amy Wessels en Ruben Groenewald.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin?

Amy: Ek sien die meeste uit om die nuwe graad 8’s te verwelkom en hopelik ‘n paar laastes saam met my mede-matriekgroep te beleef, indien covid – 19 dit toelaat. Ek sien uit om goeie herhinneringe te maak van my laaste skooljaar, al is dit nie soos wat ons gedink het dit sal wees nie.

Ruben: Ek sien uit om te begin deur die Graad 8’s van 2021 te verwelkom en so vinnig as moontlik tuis te laat voel. Ek sien ook uit daarna om 2021 die jaar te maak waar die kinders van Kwaggaland weer positief en trots raak oor hulle skool na die moeilike COVID-19 tydperk,  wat almal onseker en negatief laat voel het oor hulle toekoms en veral 2021. Daarom sien ek uit om 2021 op ‘n positiewe noot te begin.

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by Hoƫrskool Outeniqua?

Amy: Ek sal sĆŖ om definitief ‘n paar nuwe tradies by die skool te sien vorm.

Ruben: Ek wil graag sien dat die ingesteldheid van ons Kwaggas van onseker na positief en selfversekerd verander na die moeilike COVID-19 jaar. DiĆ© jaar moet ons Kwaggas se slagspreek, ā€œkwagga gutsā€, ā€˜n groter rol speel en leerders moet aangemoedig en ondersteun word om hulle alles te gee op die sportsvelde, in die klaskamers en ook op kulturele gebied. Kinders moet mekaar bly motiveer en help deur die moeilike tyd, die samehorigheid  van leerders gaan ā€˜n fundamentele rol speel in die sukses van leerders in 2021.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om die Kwaggas hul keuse te maak, wat sal dit wees?

Amy: Ek sal sĆŖ om na Kwaggaland toe te kom, omdat daar werklik ‘n plekkie vir elke tipe kind in die skool is. Of jy sportief is, van kultuur hou of net gefokus is op akademie, die skool vind ‘n manier om elke kind die geleentheid te gee om sy volle potensiaal te bereik.

Ruben: Die samesyn van die Kwaggas is die hart en siel van ons skool. Die samewerking tussen leerders is wat ons skool een van die beste skole in ons land maak. In ons skool is die bybelvers wat lees ā€œyster slyp yster, vriende vorm mekaarā€ baie toepaslik. By Kwaggas tel elke kind en elke punt, onderwysers en Kwaggas gaan uit hulle pad uit om mede-Kwaggas gemaklik te laat voel en tot hulle volle potensiaal te presteer. By Outeniqua gee ons om vir mekaar en daarom is Kwaggaland ā€˜n goeie keuse vir elke kind en ouer.

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool?

Amy: My rolmodel by die skool is defnitief Mnr Wolfaardt, omdat hy vir my ‘n goeie voorbeeld is van goed voluit doen en reg doen.

Ruben: Mnr. Vorster, ons skoolhoof. Mnr. Vorster doen moeite om elke kind in ons skool gemaklik te laat voel en om elke kind te leer ken. Hy het soveel trots in ons skool en wedersyds is ons trots op ons hardwerkende, doelgerigte hoof. Mnr. Vorster tel elke papiertjie op waarby hy verbystap en groet elke leerder wat hy teĆ«kom. Hy is ā€˜n ware voorbeeld van ā€˜n trotse kwagga.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling?

Amy: My gunsteling sportsoort is defnitief my hokkie. Ek is baie lief vir dit en sien uit om hopelik ‘n  laaste wedstryd saam met my maats te speel.

Ruben: Krieket is my gunsteling sport.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg?

Amy: My gunsteling gereg is my oupa se gebraaide snoek en ouma se soetpatats.

Ruben: Ek is lief vir enige pasta-dis.

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool?

Amy: Ek is nog nie seker wat ek wil doen na skool nie, maar ek het ‘n paar opsies soos regte en boekhou, omdat ek vakke soos ekonomie en rekeninkunde het.

Ruben: Ek stel belang daarin om in sportmedies te spesialiseer.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan?

Amy: Ek gaan nie volgende jaar dadelik universiteit toe nie. Ek gaan ‘n ‘gap’ jaar vat en vir ‘n jaar saam met ‘n vriendin  gaan aupair in Nederland en dan van daar af sal ek besluit na watter universiteit ek toe wil gaan.

Ruben: Ek wil graag by die Universiteit van Auckland in New Zealand gaan studeer terwyl ek klub-krieket speel. As dit nie moontlik is nie sal ek graag by die Universiteit van Stellenbosch medies gaan studeer.

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021?

Amy: My boodskap aan my mede-skoliere is om die heel beste van 2021 te maak en ‘n positiewe gesindheid te hĆŖ teenoor dit. Hou jou oe gefokus op Jesus en vat elke dag soos hy kom.

Ruben: Ek sal graag ā€˜n boodskap van trots en hoop wil oordra aan my mede-Kwaggas – om hulle koppe hoog te hou en hulle beste te gee in die jaar. Alhoewel dit soms moelik gaan wees as gevolg van die COVID-19 pandemie, sal ons Kwaggas saamstaan en mekaar help en moeite doen vir die welsyn van mekaar. Kwaggas moet trots wees op hulle werk. Hulle moet vir nuwe hoogtes mik en hulself elke dag verder druk om hulle beste te gee, elke oomblik van elke dag.

Foto verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal