SAOG Besigheids Forum en die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het ‘n vennootskap gevorm! Die skool vorm nou deel van die SAOG Besigheids Forum – se integrasieprojek met die jeug van Suid-Afrika. Die skool sal op ‘n gereëlde basis by Freedom Park saam met die skole in die omgewing musiek maak en bymekaar leer oor musiek.
Die Afrikaanse Hoër Meisieskool word in 2020 100 jaar oud, en die skool se geskiedenis het getoon dat die skool passievol is oor impak. Ons wil graag geleenthede skep waar mense se lewens geraak kan word en verbeter deur goed te doen.
Mnr Jabu Mabobo – Executive Chairperson SADC Business Forum voeg by: “Skills Development and re-skilling has to be approached with an understanding that the world has become a global village and we are living and operating in a “VUCA” (Volatile, Uncertain, Complex and Ambiguous) world.
We’re living and operating in the 5th industrial revolution 5G LTE technological era. If we do not assist and prepare our youth to enter the enterprise development space with this thinking, then we shall not be doing justice to them.”
Ons is almal bewus daarvan dat Afrika ‘n vasteland is wat oorweldig word deur ernstige probleme, soos werkloosheid en ongeletterdheid, honger en onvoldoende elektrisiteit, ens. Hoewel meeste van hierdie probleme wydverspreid en dekades oud en deur meeste mense as vreesaanjaend en frustrerend gesien word, sien Afrikaanse Hoër Meisieskool, hierdie probleme as geleenthede wat dit regtig behoort te wees!
Die skool begin met die vertoning van hul musikale vermoëns op 11 Oktober 2018 by Freedom Park aan verskeie hoogwaardigheidsbekleërs van die Afrika-vasteland. Vir meer inligting, kontak Jabu Mabobo by jabu@sadcbusinessforum.org
(Foto:) Sakemanne by die SAOG Besigheids Forum pers bekendstelling.
Vlnr: Mnr. Pieter Bosman (Voorsitter van die SAOG Besigheids Forum – Zambia), Me Alna Smit (Onderwyseres Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria), mnr Jabu Mabobo (Uitvoerende Voorsitter SAOG Besigheids Forum), Me Simone Franze (Hoof: Kultuur Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria) en mnr Theuns Wessels (Sakeman)