SANSSU Prysskiet. Hoërskool Bothaville is trots op hul skuts, Mia van der Walt, Cilliers van der Merwe en Juanica Pretorius. Hulle het die afgelope naweek hul goed van hul taak gekwyt. Hierdie drie skuts het tydens die SANSSU prysskiet 5 kompetisie in Bloemfontein goed presteer.
Hierdie drie skuts het onder die top 30 in hul onderskeie ouderdomsgroepe geeïndig:
- 0/14 – Mia van der Walt 8ste
- O/16 – Cilliers van der Merwe 3de en Juanica Pretorius 27ste.
Na afloop van die laaste prysskiet is Cilliers van der Merwe, Mia van der Walt en Jandré du Plessis ook genooi om aan die Vrystaat semifinale deel te neem. Die uitnodiging is vir ‘n moontlike plek in die Vrystaat span.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.facebook.com/BothavilleHS
Foto verskaf
Become a Sponsor








