SANSSU Finale Top-80 proewe. Gedurende die afgelope naweek het Hoërskool Duineveld, Upington, Laerskool Oranje-Noord en Noord-Kaap Skoleskiet die SANSSU Finale Top-80 proewe aangebied. Dit is om die top skuts te kies wat vanaf 28 Julie tot 10 Augustus in Engeland by die British Junior International byeenkoms in Bisley te gaan deelneem.
Dit was ‘n groot voorreg om vanaf Hoërskool Duineveld se kant so ‘n groot geleentheid aan te bied.
Drie van die Veltie-skuts, Zanru Broodryk, Marco Kotze en Diné Joubert het ook aan die proewe deelgeneem.
Diné Joubert het ‘n silwer medalje ontvang in die 0/21 pistole-afdeling en ‘n goue medalje vir die hoogste dagtelling by die kompetisie.
Zanru Broodryk, 0/21 veer, het ‘n silwer medalje vir die 3 posisies asook brons vir 3 posisie en 10m staan saam behaal. Hy het in die gemengde afdeling geskiet, sporters en vere gesamentlik.

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








