SANGWA Ruiters Mpumalangaspan. Die Erries is besonder trots op hul leerders wat gekies is vir die SANGWA ruiters Mpumalangaspan. Hierdie ruiters gaan deelneem aan die nasionale kampioenskap vanaf 1 tot 5 Oktober by die Afridome Parys.
Die leerders het aan verskeie kwalifiserende rondtes deelgeneem en is daarvolgens gekies as deel van die span. Die leerders verteenwoordig die Erries vanaf vlakke een tot vier tydens die SANGWA Ruiters Mpumalangaspan.
Ruiterkuns vat baie opoffering van hierdie leerders en die Erries werk besonder hard om uitsonderlike uitslae te bereik. Die Errie-waardes word sowaar deur hierdie leerders uitgeleef.
Die volgende leerders wat gekies is vir die span:
- Mia Botha
- Jade van Strijp
- Karmien Pretorius
- Zané Theron
- Mia van Aardt
- Carli Huber
- Melissa Olivier
- Inge van der Walt
- Walter van der Walt.
EHS is trots op elkeen van die leerders en wens hulle alle sterkte toe vir die nasionale kampioenskap wat voorlê.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf