SANESA QUALIFIER 4. Twee leerders van Hoërskool Ermelo, Surika Struwig en Joané van Zyl, het vanaf 10 tot 14 Augustus aan die SANESA QUALIFIER 4 vir Dresseer te Badplaas deelgeneem.
Surika Struwig word aangewys as kampioen in vier verskillende klasse:
- Junior Medium Freestyle MP, Junior Medium Dresseer MP, Junior Novice Working Riding en Junior Novice Show Riding.
Joané van Zyl behaal die volgende plekke :
- Twee eerste plekke in die Beginners Prix Caprilli-klasse, toets 4 en 5
- Eerste plek in die Preliminary Dressage, toets 3.
- Derde plek in die Preliminary Dressage, toets 4.
- Eerste plek in die Performaince riding.
Joané wen die kampioenskap vir Mpumalanga Equestrian.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf