SANESA Kompetisie. ‘n Reuse voorreg het twee Graad 8-leerders van Hoërskool Bellville te beurt geval. Lienke van Jaarsveld en Lené Coetzee het hul eerste SANESA (South African National Equestrian Schools Association) -kompetisie op Saterdag, 2 Maart, bygewoon. Beide leerders se deelname en toewyding in die Equitation-kategorie, is ‘n duidelike bewys van hul harde werk, deursettingsvermoë en talent. Verder het Lené Coetzee die tweede plek in die Equitation-kategorie behaal.
Mag hierdie ervaring die begin van ‘n opwindende en suksesvolle SANESA-toekoms vir hulle wees! Hulle het Hoërskool Bellville se naam met trots verteenwoordig.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.hsbellville.co.za/
Foto verskaf