Sacopa 2023. Hoërskool De Aar het solo-inskrywings gehad by Sacopa 2023. Twee leerders, Anke van der Westhuizen en Leandro de Carvalho het baie goed presteer. Anke van der Westhuizen verower een silwer en twee brons medaljes vir solo-sang en word ook vir die Suid-Afrikaanse SACOPA (South African Championship of Performing Arts) span vir 2024 gekies. Sy het ook die voorreg gehad om deel te wees van die “showcase”.
‘n Hoogtepunt vir hierdie span was ook om deel te wees van SACOPA se “showcase”. Dit is ‘n prestige konsert waar slegs ‘n handjievol deelnemers, uit duisende inskrywings, gekies word om hul talent ten toon te stel voor ‘n stampvol saal. Leandro de Carvalho het twee silwer medaljes en een brons medalje ontvang vir solo-sang. Leandro is ook gekies vir die Suid-Afrikaanse SACOPA span vir 2024.
Lleona Festus het deelgeneem in die model- en dansafdeling. Karia Erasmus het aan die solo-dansafdeling deelgeneem en Prince Rajabu in die solo-sangafdeling. TC Markgraaff het in die modelafdeling deelgeneem.
Hoërskool De Aar is ongelooflik trots op hierdie leerders se prestasies en hul deelname aan SACOPA, waar hulle werklik teen van die land se bestes moes kompeteer.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf