SA-Stoeikampioenskappe. MJ Hattingh, ‘n graad 9-leerder van HoĆ«rskool Fichardtpark in Bloemfontein, het tydens die Oktober skoolvakansie aan die SA-Stoeikampioenskappe in Pretoria deelgeneem. Hy het in twee kategorieĆ« nl. Vrystyl en Grieks-Romeins gekompeteer.
In die Vrystyl-kategorie het MJ ‘n vierde-plek behaal, en in die Grieks-Romeinse kategorie het hy ‘n silwer medalje verwerf. MJ sĆŖ dat hierdie ervaring vir hom baie lekker was. Die kompetisie was baie sterk en hy moes soms teen ander stoei wat in swaarder gewigsklasse val.
Baie geluk, MJ. Fichies is trots op jou.
Lees meer oor Fichies: